Annes begin met die disk.
Deon se Hanomag trek die ghrop lekker diep
Met die hoop op 'n beter koringproduksie saai ons hoendermis. 'n Moderne strooier is geleen, met 'n veteraan wat hom sleep.
Die tande wil getrek wees!
Danie Viljoen met sy International B614
Nog 'n "jong" masjien wat help om die land skoon te maak.
Nou is Dries weer op die Hanomag. Die manne maak mooi beurte en elkeen kry kans om te werk.
Oom Bertus
McCormick B450
Die drill staan reg, maar dit is nog droog :-(
'n John Deere 70 voor die wa en 'n 720 voor die drill
Die manne werk dat die stof so staan
Dries is lief vir rooi masjiene. Hier ghrop hy met 'n McCormick B450
Oom Dirk op 'n John Deere 830 diesel
Dit was 'n dag vir die swaar trekkers wat die tande diep kan trek.
Dankie vir elkeen se bydrae en veral aan Anrie van der Walt vir die neem van die foto's