Sunday 24 May 2015

Tande in die stof 9 Mei 2015 (Elke Somer, Ceres)

Gewoonlik ploeg en saai Ceres Koue Bokkeveld se kleinklub op die tweede Saterdag n Mei.  Vanjaar was egter baie droog en is daar besluit om net solank die grond voor te berei met tandimplimente.
Annes begin met die disk.

Deon se Hanomag trek die ghrop lekker diep


Met die hoop op 'n beter koringproduksie saai ons hoendermis.  'n Moderne strooier is geleen, met 'n veteraan wat hom sleep.


Die tande wil getrek wees!

Danie Viljoen met sy International B614

Nog 'n "jong" masjien wat help om die land skoon te maak.

Nou is Dries weer op die Hanomag.  Die manne maak mooi beurte en elkeen kry kans om te werk.

Oom Bertus

McCormick B450

Die drill staan reg, maar dit is nog droog :-(
'n John Deere 70 voor die wa en 'n 720 voor die drill


Die manne werk dat die stof so staan

Dries is lief vir rooi masjiene.  Hier ghrop hy met 'n McCormick B450

Oom Dirk op 'n John Deere 830 diesel

Dit was 'n dag vir die swaar trekkers wat die tande diep kan trek.

Dankie vir elkeen se bydrae en veral aan Anrie van der Walt vir die neem van die foto's