“Daai
John Deere
wat
nooit wou vat nie...”
Teen die einde van die vyftigerjare van die vorige eeu
was die ontwerp van die diesel viersilinder John Deeres al ver gevorder
en diesel die brandstof van keuse by die meeste boere. In die mark vir
kleiner trekkers het Ferguson al ‘n diesel gehad, en so ook Fordson. John
Deere had nie ‘n klein dieselenjin nie, en ook nie geneĆ« om op
daardie stadium een te onwikkel nie, want oor 18 maande sou die volgende
reeks John Deeres op die mark wees. Gaan koop dan een, was dus die uitweg, maar
by watter fabrikant, was die vraag.
General Motors se Detroit-enjin was seker ’n vreemde
keuse, maar omdat Oliver trekkers reeds met daardie
tipe Detroits verkoop is, druk JD toe daarmee deur. Die
enjin is immers op vele ander maniere as kragbron
gebruik en nie net in Olivers nie.
JD vat toe die 430 (paraffien), bou die Detroit diesel in
en noem dit die 435. Vir die John Deere-purityne was
‘n met “super charger” aangejaagde vertikale tweeslag van
1736 ks met vier ratte vorentoe seker ’n bitter
pil om te sluk. Gelukkig was dit darem nog ’n
tweesilinder. Hoewel die 430 en die 435
op die trekstang
naastenby dieselfde krag gehad het, het laasgenoemde
aansienlik meer wringkrag gelewer.
Van hierdie volksvreemde 435 is vir 13 maande (van 1959 tot 1960)
4626
eenhede in Dubuque gemaak — die ander Johnny Poppers in
Waterloo.
Klagtes oor
‘n masjien wat nie wou vat nie, was volop, veral as dit baie koud was. Een oplossing van die Amerikaners was om ‘n elektriese
110-volt verwarmertjie in die verkoelingstelsel in te bou en dit snags
van
die werkswinkel se krag af
aangeskakel te hou.
- -
- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -
Toe die volgende reeks JD’s
op die mark gekom het, is al die
vervaardigingslyne en
fabriekstoerusting na Rosario in Argentiniƫ
verskuif waar die John Deere
435 tussen 1961 en 1970 as die 445
in drie verskillende modelle vervaardig is.